| Modulekode | PEE 410 |
| Kwalifikasie | Voorgraads |
| Fakulteit | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
| Module-inhoud | Mynventilasiemetodes, primêre en sekondêre ventilasiemetodes, ventilasie- strategieë vir steenkool en harderotsmynbou-omgewings insluitende onedelmetaalmyne. Mynontwikkelingsventilasiemetodes, mynlugbeheer, verskillende soorte waaiers en hul werkvermoëns, asook lugverdunningsberekeninge. Verkoeling: Elementêre verkoelingsbeginsels, insluitende begrippe en metodes, verkilde-watersisteme, insluitende verkoelingverspreidingsmetodes. Elementêre mynventilasiebeplanning, basiese beplanningsparameters en elementêre mynventilasie-ekonomie en die impak van verkeerde ontwerp en toepassings op veiligheid en gesondheid. Myngasse, hul oorsprong asook gas- en steenkoolstofontploffings. Aspekte van die Wet op Gesondheid en Veiligheid in Myne word ook behandel. |
| Modulekrediete | 16.00 |
| Programme | |
| Voorvereistes | MTV 310, Slegs finaliste |
| Kontaktyd | 2 praktiese sessies per week, 3 lesings per week, 1 tutoriaal per week |
| Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
| Departement | Mynbou-ingenieurswese |
| Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App